English NWU Teken aan
SJGD

SJGD

Noordwes Universiteit
Projekte

Ons gee om

SJGD is ʼn geregistreerde Nie Winsgewende Organisasie (NPO 002-000)
info
SJGD

landing

extension
Verhouding met JOOL

JOOL is steeds die fondswerwingsbeen van die organisasie en gesamentlik spreek hulle die behoeftes in Potchefstroom en omliggende omgewing aan en poog om tot die beste van hul vermoë dit te bevredig of verligting te bring.

Die grootste gedeelte van SJGD se fondse is afkomstig van JOOL, alhoewel SJGD ook saam met verskeie organisasies werk en in die verlede al ondersteun is deur verskeie fondse en trusts. SJGD gebruik dan 70% van die geld om hul eie projekte te finansier en die ander 30% word dan beskikbaar gestel aan die gemeenskap. Die gemeenskap kan dan aansoek doen vir fondse om hul eie projekte en behoeftes te finansier.

favorite
Rol in die gemeenskap

Deur die Vroeë Kinderontwikkeling kategorie word ongeveer 800 kleuters se lewens jaarliks deur SJGD verryk. In die kategorie Kinders en Jeugontwikkeling word daar met ongeveer 1200 leerders gewerk en ongeveer 700 Kwesbare Volwassenes baat by die dienste en programme van SJGD. Die program sou ook nie moontlik gewees het sonder die hulp van vennote soos Vodacom Foundation en Bafenyi Trust nie.

SJGD bied jaarliks aan lede van die gemeenskap asook organisasies die geleentheid om aansoek te doen vir fondse om die nood waarin hul verkeer te verlig. Instansies wat al gebaat het by uitbetalings is Childline, SAVF, die Dienssentrum vir bejaardes, die DBV, Helpende hand en onderskeie ander organisasies. SJGD skakel ook met verskeie organisasies soos Cansa, SAVF, Rotary, NG Welsyn en andere.

Hier is hoe ons behoeftiges help
Kyk gerus deur die aksies en uitreike wat ons hou Onlangse aksies
SJGD: Studente JOOL Gemeenskapsdiens
landing.srcdesc
Kontak ons
Kontak ons gerus vir enige klagtes en gedagtes. phone (+27) 018 299 2888/9 place Potchefstroom, ZA email PCSCC-CSE@nwu.ac.za
Skenk

ABSA

Takkode: 63 2005

Rekening nommer: 670 642 313

Noordwes-Universiteit

Verwysing: SJGD

landing.extra

Get your tickets here  https://www.howler.co.za/jool2019





Kopiereg 2025 ‐ Noordwes Universiteit